Ja dit is alweer net ‘n week weg van paasnaweek.

Wat ‘n vooreg is dit nie om ‘n kind van die Here te wees en dit te kan vier nie. Hierdie jaar gaan ons derde jaar wees wat ons dit saam met die mense in die Transkei kan gaan vier. Hulle maak iets groot van Christus se kruisiging en ons as gesin geniet dit terdee om daar saam met die Xhosa mense te wees.

Vanjaar gaan ‘n groep van ons en die VGK om te help met die jeug bediening tydens die paasfees. Op die eerste foto is ons as gesin besig om waterbotels te vul met lekkers en chips wat ons gaan uitdeel op paas saterdag as ons die jeug vir ‘n staptog deur die gemeenskap gaan vat. Wat is dan nou lekkerder as om as gesin die Here te dien. Op die botels plak ons ‘n plakker met die boodskap in Xhosa dat die Here lewe. Op die tweede foto kan julle sien is ek al besig om die vragmotor te pak. Eerste op is natuurlik die 900 Xhosa bybels en so 80 engelse NIV bybels wat ons gemeente skenk aan die gemeente te Canzibe.

Ek wil saterdag vroeg ry. Hulle voorspel swaar reen vir ons omgewing . Dankie aan ons hemelse Pa dat Hy die droogte die naweek gaan breek hier in die Oos-Kaap. Bid asseblief vir ‘n veilige reis, dat die Here die vrag sal droog hou. Die vorige keer twee jaar terug het dit ook gereen. Al die bybelbokse het nat geword, maar nie een van die 1000 bybels was beskadig nie. Dankie Pa vir daardie wonderwerk. Bid ook vir die res van die groep wat Woensdag 31 maart ry vir ‘n veilige reis. Bid dat die Gees van die Here elkeen sal versag om Christus aan te neem wat die bybels sal ontvang en lees.

Mag die Here se seen op jou en jou gesin wees. Soos die naweek vorder sal ek verder ietsies skryf.

Groete Herman

transkei outreach

 
SEO Powered by Platinum SEO from Techblissonline