Volunteers

We had a successful outreach to the communities of the Gamtoos Valley on Friday, 26 February 2010. One team  of volunteers installed water tanks at 5 schools in this rural area and the other team served by preaching the gospel to these school children. They were accepted with open arms.

Slide show of Outreach Gamtoos 2010

Getuienis van ‘n helper/vrywilliger:

Wat ‘n voorreg om deel te kon wees van hierdie gebeurtenis. Tien manne, ses hiervan afgetredenes (60 tot 70+jaar) het by vyf plaasskole in die gamtoos-gebied gesorg dat die watertenks ,geborg deur Tracker, deeglik geinstalleer word. Hulle werkywer en gesindheid was ‘n inspirasie. Dit is baie droog in die Oos Kaap en water is juis nou ‘n kritieke behoefte waaraan voldoen kon word

Vir die geestelike span was dit dan ‘n wonderlike geleentheid om juis die boodskap van die “lewende water” te kon bring. By al vyf skole is ons met ope arms ontvang en die volle geleentheid gegee om met die kinders te wees. Om kinders al op hierdie jong ouderdom van die heilsboodskap te kon vertel , hulle te hoor en sien reageer en te weet dat jy maar net ‘n opdrag uitgevoer het en dat die groei ook nie van jou afhang nie, maak jou opgewonde. Die Voorsiener is weer besig om van ons verleentheid ‘n wonderlike geleentheid te maak en ons is dankbaar vir die borge en organiseerders wat sy stem hoor.

Wat ‘n wonderlike geleentheid om die evangelie met ander te deel!

 
SEO Powered by Platinum SEO from Techblissonline